Orion Farmstay
Contact: Ester Jordaan
Tel: +27 (0)23 5711 257
Cell: +27 (0)82 579 6238
Visit www.sutherlandguest.co.za
To email directly please use Make a booking enquiry above.
Selfsorg plaashuis. R100 p/p per nag
Orion Gasteplaas bied ‘n doodgewone plaashuis met 3 slaapkamers. Elke kamer het ‘n dubbelbed, en een kamer het ‘n ekstra enkelbed.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg met stoof, mikrogolf, yskas en wat nog. Die huis is op ‘n werkende plaas en dus word die kombuis soms deur die plaasboer / opsigter vir ‘n wyle gebruik om die lammers se melk aan te maak of om gou ietsie te eet of koffie te maak - maar net op gerieflike tye.
Daar is een badkamer met ‘n bad.
Orion Gasteplaas voorsien linne en elektriese komberse. Ons het ook braageriewe buite vir die stil aande onder die Roggeveld se sterre. Die huis het verwarmers indien die koue te veel raak.
Wat kan ek doen?
*Geniet die stilte
*Die sterreprag
*Die natuur – blomme en plante , voêllewe, insekte en ander goggas.
*Die plaaslewe – gee die hanslammers melk. Skeertyd, Lamtyd, ens.
*Skiet met windbuks (op eie verantwoordelikheid) Bring jou eie patrone.
*Ervaar die koue!!
*Stap
*Oubergpas
*Fietsry (bring jou eie)
Daar is ‘n opsigter op die plaas wat ook in die huis woon.
Hoe kom ek daar?
Orion is op die R354-pad na Calvinia geleë sowat 32 km vanaf Sutherland. (Vanaf Sutherland is dit grondpad). Ry deur Sutherland en hou reguit aan. Die pad vurk 2 keer. Hou links na Calvina. Die plaas is aan die regterkant van die pad geleê. Daar is ‘n bord. Ry versigtig.
Onthou as u die Sterrewag / Salt wil besoek, moet julle bespreek. Skakel 023 5711205 of 023 5712 436 vir besprekings - Kom geniet egte Karoo-leefstyl!!
- Rate: R100 p/p per nag
- Physical Address: Orion is op die R354-pad na Calvinia geleë sowat 32 km vanaf Sutherland.
