Dankfeesbasaar 2012

NG Kerk Sutherland
bied aan
Dankfeesbasaar 2012
Vrydag 19 Oktober 2012 – Wegneem ete beskikbaar by kerksaal vanaf 17:00
Kaartjies beskikbaar by Rina du Plessies 023-5711063

Saterdag 20 Oktober 2012 – Basaar te skougronde
vanaf 08:00 is Teetuin reeds oop vir heerlike koffie, braaivleis, pannekoek, vetkoek, ens.
09:00 Basaar open in skousaal
10:00 Veeveiling by die krale

NUUT!!!!
Kuier in die Teetuin saam met jou vriende en geniet ons unieke gebraaide Karoolam, sosaties, ribbetjies, wors, slaaie, aartappel spiral, vetkoek, roosterkoek, soetgebak en nog baie meer.

Vir die kinders:
Springkasteel, donkiekar ritte, skyfskiet, lekkergoed en gesigverf
om maar ‘n paar te noem.

Vir Pa:
‘n Mannetafel en skyfskiet. Ook rou vleis te koop en heerlike plaasbrood
en basaar poeding

Vir Ma:
Gemmerbier, beskuit, groot koeke, klein koekies, gedroogde vrugte,
konfyt en vele meer


Die feesnaweek word Sondag 21 Oktober 2012 afgesluit met ‘n Dankdiens
om 10:00 en ‘n heerlike ete daarna in die Kerksaal.
                                                     
Kom geniet ‘n ware Karoo basaar op Sutherland!

Besoek http://www.discoversutherland.co.za  vir lys van akkomodasie

back

By:  | Published: 12/09/2012


Leave A Comment

Name:

Email:

Comment:

Remember my personal information

Notify me of follow-up comments?

Are you human? Please answer the question you see below:

2+2 is equal to? (1 character(s) required)