Die Groot Trek

Ons beplan die groot Karoo trek met al 1000 ons skape af na die winter plaas die naweek van 7 Junie.

As die weer saamspeel, beplan ons om Vrydag 7 Jun op Blesfontein te begin en saam met die skaap af te stap tot op Bo Plaas, ons middel plaas. Dan kampeer ons die nag in die skuur op Bo-Plaas (sonder enige ablusie) en stap Saterdag verder tot onder op De Hoop. Ons nooi ‘n paar vriende om saam te kom. Ons bied gratis akkommodasie aan vir Donderdag aand en verskaf braaivleis en wors en ‘n lekker groot vuur vir Vrydag aand. Almal bring eie kamp slaap goed. ‘n Bakkie van ons vervoer almal se swaar toerusting, ens tot by Bo-Plaas - jy hoef dus nie alles te dra nie. Al wat jy saam dra is kos en water vir die dag.

Skielike koue weer kan natuurlik die planne met ‘n week uitstel.

Het jy lus on saam te trek? Nou nie juis vir bleeksiele nie, maar beslis die pyn werd!

Kontak Blesfontein Gasteplaas vir meer inligting

Nicol en Marina van der Merwe
Tel:+27(0)23 5712 631
Sel:+27 (0)83 444 5810
E-pos: .(JavaScript must be enabled to view this email address) / .(JavaScript must be enabled to view this email address)

back

By: Nicol en Marina | Published: 06/06/2013


Leave A Comment

Name:

Email:

Comment:

Remember my personal information

Notify me of follow-up comments?

Are you human? Please answer the question you see below:

What is missing: North, South, East? (4 character(s) required)