Kom kuier by die Roggeveld fees
Slimbegin Onderrigsenrum hou hierdie naweek ‘n Roggeveld Kuierfees wat vermaak vir die hele gesin beloof. Almal, (oud en jonk) word jhartlik uitgenooi na die fees op die 27ste November 2010.
Al die aktiwiteite sal plaasvind op die NG Kerkplein en stalletjies met lekker kos sal sorg dat almal se maage vol bly
Stalletjies sluit in:
* Hamburgers
* Pannekoek
* Braaivleis
* Dro"ewors
* Roomys
* Popcorn
* Hotdogs
* Roosterkoek en slaai
* Biltong
* Koeldrank
* Lekkers
* Slapchips
Stalletjies sal oop wees vanaf 08:00 tot 16:00.
Vir die kinders is daar Boeresport-aktiwiteite, ‘n Troeteldierskou, Pret Fietsry en Pretloop. Die fietsry begin reeds 07:00. Kaartjies kan vanaf 06:30 by die feesterreing gekoop word.
Moet ook nie die Perderitte, Donkiekarritte en die Spirngkasteel misloop nie!
Fantastiese pryse word uurliks weggegee met gelukkige trekkings.
Op die terrein sal die volgende uitstallers ook te siene wees: Specialised Solar Systems, Karoo Helikopter, Diesel Electric, Anric Onderdele, Mahindra, Juwele, Skilderye, Geskenke en Aandenkings en nog meer.
Na ‘n heerlike dag in die buitelug kan feesgangers die bekende kunstenaar “KAMBRO” sien optree by die NG Kerksaal. Twee selfone sal ook deur middel van gelukkige trekkings weggegee word tydens die konsert. Kaartjies is te koop by Rina du Plessis by Verbruikers (Foodzone), tot Vrydag 26 November 2010. Kaartjies sal ook Saterdag ook 27 November by die feesterrein beskikbaar wees, asook die aand by die deure.
Toegang tot feesterrein: R10 vir volwassenes en R5 per kind. Konsertkaartjies R50 per persoon.
Ons hoop om almal daar te sien!
By: Hester Obermeyer | Published: 26/11/2010
