MIDDELFONTEIN: NAGMARS & SPOOKROETE

U word vriendelik uitgenooi na Middelfontein se eerste Volmaan nagmars oor 5 km wat gehou word op Saterdag 19 Maart 2011 om 18h30 tot 22h00. Die ontmoetings plek is by Kambro kind gastehuis om 18h00.
Dit behels `n maklike 5 km stap asook:

Identifikasie van plante terwyl dit nog lig is
Basiese geologie verduideliking
Groet die Grotman en Grotvrou in die skemer
Gesellige koffie en roosterkoek oor kolevuur in klip lapa
Blik kitaar en viool musiek op maat van rieldans
Vertellings en stories van die omgewing rondom die kampvuur
Sien die volmaan opkom
Laaste skof langs rivier op ou Calvinia pad met spook vertellings en gedaantes, byklanke.
Uitwys van konstellasies en planete sonder teleskope maar met kragtige lasers.

Slegs `n beperkte aantal gaste kan geakkommodeer word. Bevestig asb. teen Woensdag 16 Maart 2011 as u hierdie avontuurlike uistappie wil meemaak. `n Donasie sal waardeer word en volgende maand se uitstappie sal gedoen word teen R60 pp. Die toekomstige datums sal betyds aan u verskaf word.

Vriendelike groete,


Jurgens en Rita Wagener/Elna Ferreira


Kontak en bevestig aan Elna by 023 5711 499

Ek sal na die naweek fotos bysit.

back

By: Jurg Wagener | Published: 18/03/2011


Leave A Comment

Name:

Email:

Comment:

Remember my personal information

Notify me of follow-up comments?

Are you human? Please answer the question you see below:

What is missing: North, South, East? (4 character(s) required)

Comments

Comment posted by Stefan on March 23, 2011

Hi
Baie dankie vir ‘n heerlike uitstappie. Mens kan heel gesellig raak om die koffie pot en brood halfwegstasie maar miskien moet mens net paar groot boomstompe met ‘n plank daar neersit waarop die mense kan sit. Die lae klippe is ‘n bietjie laag vir die meeste ‘ouer’ mense om weer op te kom as hulle eers sit, om nie eers te praat van die rooi romano spinnekoppe nie. Ons het dit geweldig geniet self my outjie wat vir tannie heks se spookstorie gehuil het.
Doen so voort- dit sal ‘n sukses wees