Nicolaas se SNAP braai en dans

Nicolaas se SNAP braai en dans

Nicolaas Paulsen
Nicolaas is nou 6 jaar oud en woon in Sutherland.  Hy is op die oog af ‘n gesonde seuntjie met geen liggaamlike gebreke nie. Nicolaas is egter outisties en op hierdie staduim heeltemal nie-verbaal (hy kan glad nie praat nie).
Hy wil baie graag kommunikeer en sy behoeftes oor dra. Sy gebrek aan ‘n kommunikasiemiddel lei tot verhoogde frustrasievlakke en agressie omdat ons hom nie verstaan nie. Hy is gretig om die alternatiewe kommunikasie middele, bv gebare, prentjies (pecs), rekenaarprogramme, ens aan te leer en toon potensiaal om dit te kan aan leer. Om vas te stel watter tipe kommunikasie middel die beste by Nicolaas sal pas, en om dit boonop vir hom aan te leer,  vereis gespesialiseerde kennis en ondervinding, en intensiewe onderrig.
Sedert Nicolaas ongeveer 4 jaar gelede gediagnoseer is met outisme het ons, as sy gesin en familie, al baie moeite gedoen om hom te help.
Ons is baie trots op, en dankbaar vir,  die vordering wat hy reeds gemaak het. Hy het al onder meer ontwikkel van ‘n kind wat hoegenaamd geensins probeer kommunikeer het, of enigsins oogkontak gemaak het nie, na iemand wat nou ooglopend probeer uitreik na ander. Hierdie vordering is grootliks te danke aan SNAP (Special Needs Adapted Programme, http://www.snap.org.za). Ons het hom van tyd tot tyd daarheen geneem vir weeklange werkswinkels waartydens hy geëvalueer was en ons geleer is hoe om hom te hanteer, te help en te stimuleer. Ons het hom dan tuis in sy eie ingerigte “skooltjie”, onderrig.

Nicolaas het egter nou dringend hulp nodig om hom veral met sy kommunikasie vaardighede te help en ander ontwikkelingsagterstande. Ons het reeds by al die beskikbare staatsinstellings en skole binne ons bereik aangeklop om hulp, sonder sukses. Ons is oortuig van die doeltreffendheid van die SNAP-program, maar het weg geskram daarvan en ander opsies ondersoek vanweë die hoë koste daaraan verbonde om vir Nicolaas vir ‘n langtermyn by SNAP in te skryf. Op hierdie staduim is ons van oordeel dat ons geen ander opsies meer het nie en veral ook nie meer tyd het om te mors op verdere doodloopstrate nie. Ons het hom daarom ingeskryf by SNAP vir 2013 en hoop dat ons hom vir ten minste ‘n jaar daar kan hou. Ons is werklik oortuig dat dit noodsaaklik is vir Nicolaas se welsyn en ontwikkeling. Na die jaar by SNAP sal hy hopelik by ‘n plaaslike skool kan inskakel (met ‘n fassiliteerder), alternatiewelik weer tuisonderrig ontvang.

Nicolaas se klasgelde by SNAP vir 2013 sal ongeveer R23 000,00 per maand beloop (vir 6 ure per dag, vyf dae per week, intensiewe een-tot-een onderrig). Aangesien daar nie koshuis- of verblyf fassiliteite beskikbaar is vir Nicolaas nie, sal ons (ma en sussie, Lisa) hom moet vergesel vir die tydperk wat hy daar is en verblyf in Durbanville –omgewing moet kry. Dit beteken kortom dat ons ‘n hele hoop geld nodig het om vir Nicolaas te kan help. Daar is ongelukkig ook nie studiebeurse en/of –lenings beskikbaar vir hierdie tipe onderrig vir gestremde kinders nie.

Ter fondsinsameling, hou ons ‘n dans en braai. Kom ondersteun ons asb! Hier volg die details:


Wanneer:8 Desember 2012
Waar:Te Sutherland Hotel
Tyd:Begin om 19h00 tot laataand
Koste:R150 per persoon (kinders onder 10 jaar gratis kinders bo 10 en studente @R100)
Drag: Informeel

Wegneemetes ook beskikbaar

Kaartjies te koop by meeste besighede op Sutherland en by Jolene du Plessis

U ondersteuning sal baie waardeer word.

Vir verdere inligting, kontak Corlia by 023-5711168/023-5712761/0832281012 of .(JavaScript must be enabled to view this email address)

Kyk op facebook bladsy “Help Nicolaas om te praat”
https://www.facebook.com/HelpNicolaasOmTePraat

Nicolaas se SNAP braai en dans Nicolaas se SNAP braai en dans

back

By: Corlia | Published: 13/11/2012


Leave A Comment

Name:

Email:

Comment:

Remember my personal information

Notify me of follow-up comments?

Are you human? Please answer the question you see below:

2+2 is equal to? (1 character(s) required)