Nog ‘n Nagmars en Spookroete aand in Sutherland

06 Mei 2011  
U I T N O D I G I N G

MIDDELFONTEIN: NAGMARS & SPOOKROETE

U word vriendelik uitgenooi na Middelfontein se Volmaan nagmars oor 5 km wat gehou word op Saterdag 14 Mei 2011 om 17h00 tot 22h00. Die ontmoetings plek is by Kambro kind gastehuis om 17h00 waarna ons na die plaas beweeg slegs 2 km uit die dorp in die rigting van Calvinia..
Dit behels `n maklike 5 km stap asook:

Identifikasie van plante terwyl dit nog lig is
Basiese geologie verduideliking
Groet die Grotman en Grotvrou in die skemer
Gesellige boerewors, koffie en roosterkoek oor kolevuur in klip lapa. Hierdie is net `n ligte versnapering en u moet ekstra kos saam neem of vooraf goed eet.
Blik kitaar en viool musiek op maat van rieldans
Vertellings en stories van die omgewing rondom die kampvuur
Sien die volmaan opkom
Laaste skof langs die rivier op die vergete grootpad van Calvinia met spook vertellings, gedaantes en byklanke.
Uitwys van konstellasies en planete sonder teleskope maar met kragtige lasers.
Trek gemaklik en warm aan met goeie loop skoene.
Slegs `n beperkte aantal gaste kan geakkommodeer word. Bevestig asb. spoedig as u hierdie avontuurlike uistappie wil meemaak. Koste is R50 pp.

Vriendelike groete,

Jurgens en Rita Wagener/Elna Ferreira

Kontak en bevestig aan Elna by 023 5711 499

Datums vir die res van die jaar is soos volg:    14 Mei 2011   18 Junie   16 Julie   13 Aug

                                                10 Sept       15 Okt   12 Nov   10 Des    

back

By:  | Published: 11/05/2011


Leave A Comment

Name:

Email:

Comment:

Remember my personal information

Notify me of follow-up comments?

Are you human? Please answer the question you see below:

2+2 is equal to? (1 character(s) required)