Saterdag is Markdag!

Saterdag is Markdag!

More al jul mooie mense

Hoop nie julle het al of weggespoel of verkluim nie, ons kragonderbreking het nou op slegte tyd gekom, maar met glimlag en deursettingsvermoe het ons toe darem die krisis ook oorleef!

Saterdag se mark:

Die weer is VANDAG onstuimig, Donderdag gaan dit nog bewolk wees met dag temperatuur van 10 Grade, Vrydag skyn die son weer met dag temperatuur van 12 grade, SATERDAG gaan die son skyn met redelike LAE dagtemperatuur van so 7 Grade vroegoggend tot middag temp van so 19 Grade met lywige briesie SO:

DIE MARKIE GAAN VOORT ONGEAG die weer - die wat graag in kerksaal wil wees, mense julle is meer as welkom, alles werk nog presies dieselfde, die tafel en stoele sal beskikbaar wees - onthou net ASB jul eie tafeldoek, produk, advertensiemateriaal EN dan ook kleingeld!!!

Ons het regtig belangstelling gehad hierdie keer so AS ALMAL opdaag gaan ons die volgende beskikbaar hê:

pannekoek, vetkoek met kerriemince, Kerrie en rys, braaivleis, 2de hand se klere, geskenkies, gebak (koeke, klein koekies, cupcakes, brood, beskuit) ingelegte produkte, poeding tafel, klein koekies, wit olifante, houtwerk produkte, heuning, los matte ideal vir ons modder, koffie/tee tuin, handwerk deur ons bejaardes, spookasem en heerlike tuisgemaakte springbok salamis…en ek is seker daar gaan nog paar ander verrassings ook wees!

Die mark begin 10:00.

Saterdag is Markdag! Saterdag is Markdag! Saterdag is Markdag! Saterdag is Markdag! Saterdag is Markdag!

back

By: Helanne Malan | Published: 02/04/2014


Leave A Comment

Name:

Email:

Comment:

Remember my personal information

Notify me of follow-up comments?

Are you human? Please answer the question you see below:

2+2 is equal to? (1 character(s) required)