Tyd vir ‘n fees - kerkbasaar 29-31 Oktober 2010
Die kerkbasaar is op 29, 30 en 31 Oktober 2010.
Ons begin reeds Donderdag 28 Oktober 2010 met die maak van die sosaties en verkoop ook bene en skenkels. Vrydagaand is die opening met ‘n Steakete in die kerksaal (kaartjies teen R120 beskikbaar by Sutherland Verbruikers 023 5711 063, vra vir Rina du Plessis). Die steakete beloof om ‘n heerlike aand te wees, met smullekker kos en plaaslike storievertellers vir vermaak).
Saterdagoggend 08h00 begin ons reeds met verkope van pannekoek en braaivleis by die kerksaal en 09h00 open Ds Vollie die basaar en kan ons wegval en smul aan die heerlike gebak van flukse vroue van Sutherland. Ons het hierdie jaar ‘n mannetafel in die saal, inspireer solank die manne sodat hulle kan begin werk aan hulle talente. Dan is die veeveiling oudergewoonte om 10:30. Daar sal ook ietsie wees om die kinders besig te hou en donkiekarre sal die oggend beskikbaar om jou vernuf agter die leisels te toets.
Ons kuier verder lekker en koop tot alles op is! Sondag gaan almal na die Erediens en Nagmaal, waarna Ann weer vir ons ‘n heerlike ete in die kerksaal bedien (Kaartjies teen R60 beskikbar by Rina du Plessis van Sutherland Verbruikers.
Kom geniet dit saam met ons gemeenskap, koop ‘n paar goedjies en smul aan lekkernye en karoo skaapvleis!
By: Jolene du Plessis | Published: 27/10/2010
